0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (5)
  • R100 - R250 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Agter Die Elande Aan (Afrikaans, Paperback, Revised edition): Willem D. Kotze Agter Die Elande Aan (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
Willem D. Kotze
R65 Discovery Miles 650 Ships in 4 - 8 working days

Die vyfde in Willem D. Kotzé se gewilde T’sats-reeks.

T’sats se seun Tkô!lie moet bewys dat hy ’n man is voordat hy die mooi Ta!mi as vrou kan vat. Hy moet manalleen ’n eland soek, hom met sy gifpyl skiet en agter hom aan hardloop, totdat die eland dood neerval. Dan eers kan Tkô!lie die eland vir Ta!mi wys en ’n kerf op sy boogstok kry as bewys dat hy ’n jong jagter is wat ’n vrou kan vat.

Maar die Kalahari word geteister deur ’n ongekende droogte. Die elande trek weg na groener dele en Tkô!lie se groep moet uitmekaar gaan om te kan oorleef. Só word Tkô!lie en Ta!mi geskei. Hoe gaan Tkô!lie sy eland skiet en weer vir Ta!mi opspoor in die uitgestrekte Kalahari?

Kalaharijoernaal (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): Willem D. Kotze Kalaharijoernaal (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
Willem D. Kotze
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Dit is veral die mense van Aranos se wereld wie se stemme in Kalaharijoernaal gehoor word: die mense wat in die ongenaakbare wereld langs die Nossobrivier 'n bestaan gemaak het. Maar daar is ook die sagter geluide van die Kalahari se wild, die springbokke, die groot elande en koedoes, die kiewiete, die sandpatryse en die sonbesies wie se skril stemme oor die rooi sand bewe. Vir die wat soek, wag daar immers 'n verrassing agter elke duin, so leer die Kalaharikind vroeg al.

Voetspore in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze Voetspore in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Voetspore in die Kalahari is ’n ware Afrika-verhaal, gewortel in die harde werklikheid van die Kalahari: weergaloos mooi maar ook meedoenloos wreed. Dis 'n teks ryk aan herinneringe aan ’n ongerepte wereld en ’n harde maar avontuurlike leefwyse wat min mense beskore is. Die skrywer gaan terug na sy eerste herinneringe, meer as vyftig jaar gelede, en sy moeder se vroee dood weens malaria. Uiteindelik maak ’n bestiering dit vir die jong seun moontlik om na die hoerskool op Swakopmund te gaan, en so begin sy spore wegdraai van die rooiduinwereld met sy wuiwende blinkaargras en groot kameeldoringbome.

T'sats, Grootste Van Die Groot Jagters (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze T'sats, Grootste Van Die Groot Jagters (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R65 Discovery Miles 650 Ships in 4 - 8 working days
T'sats Se Wraak (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze T'sats Se Wraak (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R65 Discovery Miles 650 Ships in 4 - 8 working days
Kalahari-Kind (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze Kalahari-Kind (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie bundel loop die skrywer op sy kinderspore terug na die dorre Kalahari soos dit in die 1930's daaruit gesien het en word verskeie gebeure en emosies weer opgeroep: 'n lieflinghond wat in die duinestrate agterbly, 'n verharde pa, ontbering en uiteindelik: liefde. Onder verskeie prikkelende opskrifte – "Die Krismishoenders", "Agarob", "Weggooikinders", "Bruilof vir oom Wessel", "Oubaas Vogelbruck se stompore" – gee die 27 vertellings 'n helder beeld van 'n kind se grootword in die Kalahari. Dr. Willem D. Kotze is in 1931 op die plaas Texas langs die Nossobrivier in Namibie gebore. As kind het hy, agter die karakoeltrop en beeste, sy vader se Kalahariplaas Wilheben deurkruis.

T'sats Van Die Kalahari (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze T'sats Van Die Kalahari (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R65 Discovery Miles 650 Ships in 4 - 8 working days
T'sats Se Kind (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze T'sats Se Kind (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R65 Discovery Miles 650 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie roman is 'n vervolg op T'sats se wraak (1996), maar ook 'n onafhanklike verhaal. Soos in Kotze se vorige nege vorige werke word die Kalahari en sy inwoners met soveel kennis en insig geskets dat dit as 't ware vir die leser 'n werklikheid word en, hoewel dit in die eerste plek fiksie is, is dit ryk aan kultuurhistoriese inligting. In T'sats se kind: Tk!olie vervloei feit en fiksie. T'sats, die hoofkarakter in verskeie van Kotze se verhale, het as kind saam met hom skaap opgepas langs die Nossobrivier. Nou word T'sats se kind Tk!olie (asook twee ander Boesmanjagters), deur die polisie gevange geneem en na Gobabis gestuur omdat hulle 'n eland – wat kroonwild is – geskiet het. Die goedhartige magistraat beplan om Tk!olie saam met die ander twee jagters terug te stuur Kalahari toe wanneer hulle gevangenisstraf uitgedien is. Intussen moet hy egter iemand vind om toesig oor Tk!olie te hou, want hy wil ook nie die minderjarige Boesmankind in die tronk opsluit nie. Magistraat Van Ryneveld gee hom vir Freek van Staden, 'n boer in die omgewing, onder die voorwendsel dat hy hom kan hou, aangesien die magistraat vrees dat die boer hom andersins nie sal inneem nie. Maar voor Tk!olie-hulle vrygelaat word, vertrek die magistraat op 'n tog na die Kalahari. Hy gaan om die Kalahariboesmans in te lig oor die wet aangaande die jag op elande sodat nog arrestasies verhoed kan word. In die annale van die destydse Suidwes-Afrika, tans Namibie, staan dit opgeteken dat magistraat Van Ryneveld op 26 Julie 1922 in die Kalahari deur 'n Boesman – volgens hierdie verhaal die legendariese T'sats – met 'n gifpyl doodgeskiet is. Voor die magistraat sterf, skiet hy uit selfverdediging T'sats ook dood. T'sats se kind: Tk!olie is die verhaal van Tk!olie se wedervaringe en terugkeer na sy mense in die Kalahari – ten spyte van die feit dat sy Westerse en ouerlike beskermhere mekaar vermoor. Uiteindelik is hierdie roman 'n tragiese maar ook humoristiese blik op die misverstande wat deur kultuurverskille en gebrekkige kommunikasie ontstaan.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Snappy Tritan Bottle (1.2L)(Blue)
 (2)
R239 R169 Discovery Miles 1 690
Wonka
Timothee Chalamet DVD R472 R284 Discovery Miles 2 840
Poor Things
Emma Stone, Mark Ruffalo, … DVD R449 R329 Discovery Miles 3 290
Maped Smiling Planet Scissor Vivo - on…
R26 Discovery Miles 260
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420
Sound Of Freedom
Jim Caviezel, Mira Sorvino, … DVD R325 R218 Discovery Miles 2 180
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Barbie
Margot Robbie, Ryan Gosling, … DVD R310 R194 Discovery Miles 1 940
White Glo Smokers Formula Toothpaste…
R80 Discovery Miles 800

 

Partners